free html templates
Mobirise

Hartlik welkom na die Pinksterdienste

SONDAG 2 JUNIE 2019
09:00 PINKSTERDIENSTE BEGIN

Dr Clifford Heys gaan voor
Die Heilige Gees – (a) Waarheid of
(b) Werklikheid  
( Handelinge 8:4-5 en Hand. 8:14-17 )

SONDAGAAND 2 JUNIE 2019
18:00 PINKSTERDIENS

Ds Anton Duvenhage gaan voor.
TEMA: Waar was die Heilige Gees voor Pinkster? (Job 33:4, Ps 139:7-10, Neh 9:20)

OGGENDDIENSTE @ 09:00
MAANDAG TOT DONDERDAG

DS JOHANN SMITH LEI DIE OGGENDDIENSTE
KNELPUNTE IN DIE “GELOOF”
(WAAROM NOG DIE HEILIGE GEES)
DIE WEG TOT ………
(MA) ‘n Seënryke lewe - (Gen. 32:29b.) 
(DI) ‘n Bybelse Godsdiens - (Fil.3:9 & 12)
(WO) ‘n Tintelende en liefdevolle GELOOF - (Openb.2:4)
(DO) ‘n Geesvervulde lewe - (2 Kon. 4: 1 – 7)

AANDDIENSTE @ 18:30
MAANDAG TOT DONDERDAG

MAANDAGAAND - DR WILHELM BURGER
Eenmaal kind van God, altyd…? (Heb. 12:3)
DINSDAGAAND - DS MICHIEL DE KOCK
Die gawes van die Gees (1 Kor 12)
WOENSDAGAAND - DS ANTON DUVENHAGE
Jy sal geken word aan die vrugte wat jy dra (Gal 5:13-26)
DONDERDAGAAND - DR CLIFFORD HEYS
Die Gees en die toekoms (Rom. 8:18-30)

SONDAGOGGEND 9 JUNIE @ 09:00
PINKSTERFEES

DR WILHELM BURGER
Die vervulling met die Heilige Gees (Gal. 5)  

Mobirise

Onrusgemeente help graag vir Huis Lettie Theron

Huis Lettie Theron Doekeprojek wil baie dankie sê vir al die donasies en geld vanaf Onrusgemeente om met die doeke te help gedurende 2018. Ons wil ook sommer van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank wat voortgaan om met die projek te help. Met julle hulp kan ‘n hele paar bejaardes menswaardig ouer word. Indien u by hierdie wonderlike projek betrokke wil raak kontak asseblief vir Ananda Burger by 084 245 2754.

Die Huis Lettie Theron Basaar word gehou op 27 Julie 2019. Die bejaardes binne-in die tehuis kan nie regtig met hierdie basaar help nie. Daarom is ons ontsettend afhanklik van produkte en veral van finansiële bydraes uit ons gemeenskap. Ons benodig: geld geld geld, ook artikels vir wit olifanttafel, produkte vir die bak van pannekoek, koeke, beskuit, lekkernye ensovoorts en ook fisiese hulp op die dag van die basaar. Basaarlys sal by Mervian (kerkkantoor) gelaat word.
U kan u bydraes op die lys kom invul.
Indien dit vir u onmoontlik is om dit so te doen, whatsapp vir Ananda Burger by 084 245 2754. U kan haar ook kontak indien
u enige navrae het insake die basaar. Namens die bejaardes in Huis Lettie Theron wil ons nou reeds vir u baie dankie sê vir u bydraes
en hulp.   

Mobirise

Nuus van die Kerkraad

Na die onlangse Kerkraadsvergadering op    20 Mei 2019, deel ons graag die volgende verkiesings, uittredes en informasie.

VERKIES TOT DIE KERKRAAD
Ben Solomon (Rentmeester)

HERVERKIES TOT DIE KERKRAAD
(NOG ‘N 2 JAAR TERMYN)
Frans Wessels (Jeug & Families)
Theo Pegel (Kommunikasie)
Francois Theron
Jacques Retief *
*Jacques Retief is ook gekies as Ondervoorsitter van die KR

UITTREDE UIT DIE KERKRAAD
Ben & Elsa Marais (Uitreik)
Quentin Gombert
Wessie van der Westhuizen
Con Uys (Rentmeester)
Johan Koekemoer (Wyke)
George Erasmus (Wyke)
James & Vera Joubert (Erediens / Wyke)
Johan van der Westhuizen (Gawes & Toerusting)

VAKANTE POSTE
Bedieningsleier (Uitreike)
Wyke Koördineerder (1 persoon)
Fondsinsamelingskoördineerder

SAMESTELLING VAN DIE BESTUURSPAN
Voorsitter van die KR, Ondervoorsitter van die KR, Bedieningsleiers van die volgende bedieninge: Erediens, Barmhartigheid, Kommunikasie, Administrasie, Rentmeester, Eiendomme, Dr Wilhelm Burger, Ds Michiel de Kock, Ds Anton Duvenhage

Mobirise

Bederfoggend vir Afgetrede Predikante in Onrusgemeente

Vrydagoggend 24 Mei 2019, was daar heerlik saamgekuier en gesels met Emiriti wat tans lidmate is by Onrusgemeente.  Wat 'n voorreg om na mekaar se verhale te kon luister en nuwe vriende te maak.  Julle is kosbaar vir ons en ons koester julle graag by Onrusgemeente.

Mobirise

Teentrix Geselsaand Sondag 26 Mei

Sondagaand het ds Anton, Teentrix-leiers en al die jongmense heerlik saamgekuier in die Maalruimte.  Hulle het gesprekgroepe gevorm om saam te gesels oor 'n omstrede tema: Boelies!  Daar was ook, soos gewoonlik, popcorn, koeldrank, lekker musiek en sang en dan die saamkuier en bietjie ontspan so saam met die eksamens.  Baie dankie aan al die Teentrix-leiers wat dit elke keer so spesiaal maak en ons jongmense met soveel liefde en omgee verwelkom.

Mobirise

Lofdanse Novis Vitae

Onrusgemeente se Lofdansegroep, Novis Vitae, het op 5 Mei 2019 weer saamgedans tydens die erediens. Ons is so opgewonde oor veral die kinders wat saam dans - julle is baie spesiaal!  Ons nooi graag enige persoon (kinders, tieners, vroue en mans) om in te skakel en deel te word van hierdie wonderlike en baie geseende bediening.  Kontak gerus vir Veronica Brand op 083 751 4319.

BASAAR  29  MAART  2019

Mobirise
Adres

Bergstraat 55,
Onrusrivier,
7201

Kontak

Epos: info@ngkonrusrivier.co.za
Telefoon: (028) 316-2116 
29-05-2019